Babaklas/Babies
Welkom in die Babaklas. Ons babatjies is almal baie spesiaal en ons behandel hulle soos goud. Ons is twee juffrouens en een assistent wat na die babas kyk.
Welcome in the baby class. Our babies are very special and means the world to us. We are two teachers and one assistant who helps look after the babies.
Olifantklas/Elephant Class (“Potty Trainers”)
Welkom in die Potty Klassie! Dit is vir ons verskriklik lekker om met die kleintjies te werk en speel. In die Pottieklassie leer ons om mooi te loop en te hardloop. Ons leer om asseblief en dankie te sê en om te deel met maatjies. Ons leer ook om die potjie te gebruik en om sonder ‘n bottel te gaan slaap. Ons het ons eie speelarea buite sodat die groter kinders ons nie kan seer maak of om hardloop nie.
Welcome in the Potty Class. It is a great privilege to work and play with the little ones. We learn to walk and run nicely. We also learn to say please and thank you and to share with all the friends in our class. Our teacher also learns us how to use the potty and to sleep without a bottle. We have our own play area outside because we don’t like to play between the bigger children.
Kameelperdklas/Giraffe Class
Welkom in die kameelperdklassie. In die kameelperdklassie speel ons op die groot klimrame en leer ons om hoog te klim sonder om bang te wees. Ons sing baie en vertel graag stories. Ons maak beste maatjies en leer om dinge self te doen. Ons leer ook om mooi te knip, te plak en te teken. In die Kameelperdklas leer ons van kleure, vorms en om te tel. Ons leer om mooi te teken met verskillende kleure en om nommers te onthou. Ons spring ook op een been, hop en gooi balle en leer om mooi stil te sit by die tafel.
Welcome in the Giraffe Class. We play on the big jungle gyms and learn to climb high without being afraid. We love telling stories and like to sing. We are best friends and learn to do things for ourselves. We also learn to cut, paste and draw. In die Giraffe Class we learn about colours, forms and to count. We learn to draw with different colours en to remember numbers. We jump on one leg, hop and throw balls. We also learn to sit still at the table.
Sebraklas/Zebra Class
Welkom in die Sebraklas. Ons speel baie lekker in die sandput en hou daarvan om liedjies en gediggies te leer en te sing. Ons leer ook om te tel en te sorteer. Ons is ook baie lief vir rygwerk en legkaart bou.
Welcome in the Zebra Class. We like to play in the sandpit. We also learn rhymes and new songs. For maths we learn to count and sort objects. We love to thread and built puzzles.
Leeuklas / Lion Class (Graad O/Grade OO)
Welkom in die Leeuklas. Ons is die Graad OO klas en begin al op die Dept van Onderwys se CAPS-dokument te werk. Ons juffrou berei ons voor vir die Graad O klassie. Ons leer letterherkenning en om sommetjies te doen. Ons hou ook baie van verf, kleispeel en musiek. Dit is ook lekker om te balanseer op die balanseerbalk en die hindernisbaan.
Welcome in die Lion Class. We are the Grade RR class and use the Dept of Education’s CAPS document as our curriculum. Our teacher prepare us for the Grade R class. We learn to identify letters and to do maths. We love to paint, play with clay and listen to music. We also like to balance on the balancing beams and to do the obstacle course.
Rooimierklas/Red Ant Class (Graad O/Grade R)
Welkom in die Rooimierklas!
In die Rooimierklas raak ons slim vir grootskool. Ons leer om te skryf en sommetjies te doen. Ons werk ook in groot skool boeke en leer elke dag iets nuuts. Alles terwyl ons nog lekker speel, verf, teken, bak & brou en musiek luister. Ons gebruik die CAPS-dokument van die Department van Onderwys.
Welcome in the Red Ant Class!
In the Red Ant Class we get ready to go to the big school. We learn to write and do sums. We work in big school books and learn something new each day. All of this while we play, paint, draw, making & baking and listen to music. Our curriculum is the CAPS document prescribed by the Department of Education.